• wat bied ons aan?

    Kies tussen ons 3-jaar voltydse kursus of 'n seleksie van kort-kursusse

    Diploma in Somatologie

    3-jaar voltyds

    Hierdie diploma dek die volle spektrum in die vakgebied en sluit vakke in soos

    Anatomie & Fisiologie, Chemie & Fisika, Voeding, Bemarking, Verkoopstegniek en Dermatologie.

    Kort-kursusse

    Bou jou kennis

    Ons bied ook 'n seleksie van kort-kursusse aan vir die wat hulself verder wil beywer in die skoonheidsbedryf. Ons kursusse sluit verskeie skoonheid en gesondheidssertifikate in soos Permanente grimering, Refleksologie, Massering,
    Manikuur en Pedikuur, Grimering, Spa Terapie en Aromaterapie.

    Verdere akkreditasie

    Verkry internasionaal-erkende akkreditasie

    Na afloop van jou studies by Sonett Internasionale Akademie, sal jy toegang kry tot CIDESCO, ITEC en CIBTAC se Internasionale akkreditasie-eksamens wat die wêreld se deure vir jou oopmaak.